n vinnige toer deur die suide van Namibia tot by Windhoek

Die helder groen skakerings na die buitengewone reën vroeg in die jaar 2006  het nou weer verkleur na die sagte pastelkleurige skakerings wat so mooi is van Namibie.

 Namibie het net twee seisoene - somer en winter.  Dit is nou September maand, wat veronderstel is om lente te wees, maar hier is dit die begin van 'n heerlike lang somer.  Die droë warm somers is nie so drukkend soos die vogtige hitte van somers in tropiese gebiede nie, maar die temperature in die son is gevaarlik.

Die afstande tussen dorpies is groot.  Vanaf die grens by Noordoewer aan die Oranjerivier tot by  Gruenau is120 km; dan 147 km tot Keetmanshoop;  220 km tot by Mariental;  174 km na Rehoboth en 87 km tot Windhoek waar ons 'n paar dae vertoef.

Die suidelike semi-woestyn van Namibie is die habitat van Aloe dichotoma, die kokerboom.

Dit was 'n aangename ontdekking om op hierdie jong kokerboom af te kom.   Min saad ontkiem in hierdie droe gebied en nog minder van die plantjies haal hierdie grootte.  Die feit dat daar mense is wat die jong boompies onwettig uithaal is tragies, vernaam omdat die boompies selde aanpas en vrek buite hulle gebied.  Ons het saad van Aloe dichotoma.  Hulle groei maklik van saad en is dan reeds aangepas vir die tuin.  sien my webwerf vir wenke hoe om hierdie aalwyn te groei. http://made-in-afrika.com/aloes

Hierdie kokerbome met malvas en die baie oulike hoekie met petunias groei in die tuin van 'n petrolstasie met Bed&ontbyt geriewe, naby Gruenau.  Oorkant die pad is daar 'n ry informele stalletjies gemik op die toeriste.   Met die groot afstande tussen dorpe ry min toeriste verby 'n petrolstasie, vernaam hierdie een wat baie vrolik lyk in hierdie warm gebied.

Die informele stalletjies is netjies en skep 'n goeie indruk.   Die droë heuwels in die agtergrond maak 'n mooi foto en waarsku dat dit erg warm is in die somer.  

Let op die foto onder regs, dit is vroeg in die oggend geneem en die eienaar het alreeds koelte gesoek.

Die olifant is omtrent realisties.  Ek hoop net dat die hout wat gebruik is om die beelde te kerf en die hoop hout wat te koop aangebied word, van dooie bome afkomstig is.  Dit kos baie jare swaarkry vir 'n boom om so groot te groei in Namibia.

Fotos van Aloe hereroensis in hulle habitat toe alle plante grasgroen was in die begin van die jaar (in die oorvloed reën - verskoon die herhaling, dit is moeilik om op te hou praat van die reën) en Aloe hereroensis  in blom, September.

Aloe hereroensis kom voor oor 'n wye gebied in Namibie.  Die fotos onder is geneem in die ou begrafplaas van Usakos.  Ons het verwag dat die aalwyne in blom sal wees maar blykbaar was die reën hier nie genoeg nie.

 

'n vinnige toer deur die suide van Namibia tot by Windhoek.  Met fotos van 'n aalwyn of twee.  Daar was nie tyd vir die rare aalwyne soek nie, maar gelukkig kan mens die natuurskoon nie miskyk nie.

moth_small.jpg (7283 bytes)