sneeu van naby |
| Die sneeu op die Hexrivierberge by Ceres en verder in die koue bokkeveld
is pragtig. Vernaam as mens na die sneeu kan kyk en nie self by vriespunt is nie. Hierdie
jaar het dit so erg gesneeu by Sutherland dat die paaie afgesny was. Dit is toe dat ons
besluit om bietjie sneeuballe te gaan rondgooi. Ons het nog altyd die sneeu van ver
bewonder omdat dit nie die moeite werd is om tot by n berg te ry nie, mens sien die
sneeu net so goed van ver, maar as die sneeu op die grond is dan wil ons bietjie gaan
speel.
Die sneeu is indrukwekkend, maar ook onwerklik soos op 'n prentjie.
Dit is nog bietjie vroeg om te gaan blomme kyk in die Kouebokkeveld en die Karoo, maar die eerste vygies en lelies is reeds daar en pragtig. Na die baie re�n is daar geen stof nie, alles is helder en skoon. Die windjie is koud en verfrissend.
Die liedjie "vaal ou karoo-o- land" kom outomaties in my gedagtes. Die panne water en vuurpyle langs die pad, verander niks nie. Dit bly vaal en rustig.
'n Lekker verrassing! Aloe microstigma so na aan Sutherland, maar dit is entlik te verwagte. Hierdie aalwyn verdra die warm dro� somers en snerpende koue nagte van die Karoo sonder om te kla. Die plante groei net teen die westelike hange waar die middagson die klippe warm maak en verhoed dat die aalwyne deur die nag vries. Die aalwyne groei in dro� omstandighede so daar is ook nie veel water in die blare wat kan vries nie. Aloe microstigma is baie goed aangepas by die karoo. ..en die aalwyn is ook soos die Karooland - vaalgroen - met 'n pragtige blom.
meer oor Aloe microstigma en ander aalwyne op hierdie webwerf
Eindelik sneeu. Die baie re�n het ongelukkig ons sneeu wegespoel en gesmelt, maar dit was steeds 'n ervaring om "regte sneeu" te kan hanteer.
Dit voel goed. As ons nie so haastig was nie het ek 'n sneeuvrou gebou. Agterna besef ons dat dit nou regtig nie nodig was om 700 km in een dag af te l� nie. Daar is baie B&B plekke teen goeie pryse in Sutherland en ook op die plase. Ongelukkig is dit die katkinders by die huis wat die deurslag gee en ons aanjaag terug huistoe net om te sien dat hulle heeltemal tevrede is en ons nie sou mis tot die volgende dag nie. ontmoet ons katte oa. die American Curl. |
| Daar is nie 'n hoogmoed so trots en ongenaakbaar nie as die verstandelike hoogmoed van die onverstandige mens. - Langenhoven |
9.07