| sutherland van die grondpad se
kant Daar was toe 'n geleentheid om by Sutherland te kom vir
'n photo. Ons wou Aloe broomii en Aloe claviflora in blom sien in
die veld. Daarvoor is ons na die Nationale Park in Beaufortwes. Ietsie meer oor die Park op ons Engelse blog.
Die Karoo landskap soos gesien vanaf 'n pad in die Nationale Natuurpark by Beaufortwes. Kliek op die foto om te vergroot, dit wys meer detail.
Aloe claviflora. Hierdie aalwyn stoot die blom dwars uit. Die algemene naam is kanonaalwyn.
Aloe broomii op 'n rotstuin in die natuurpark by Beaufortwes.
Aloe broomii is 'n waardige simbool vir 'n moeder. Hierdie gedenksteen was langs die pad wat afdraai vanaf die N1 na Fraserburg. Dit is in duits wat mens laat wonder of die moeder op toer was toe sy hier gesterf het. Die bewoording is: UNSERER LIEBER MUTTI EIN GEDENKEN + 12 - 12 - 1994 Direk vertaal - Aan ons liewe moedertjie 'n aandenking.
My Moeder was baie lief vir haar aalwyne en dit is waar ons belangstelling begin het. Sy is ook nie meer met ons nie. Met die huis toe ry het ons na Fraserburg en toe Williston gery en daarvandaan per grondpad na Sutherland. Ons kon eenvoudig weer die N1 tot Matjiesfontein geneem het, maar ons wou 'n ander deel van die karoo sien. Willistan lyk baie eensaam in die grote Bo-Karoo. Hier word dit sekerlik bloedig warm in die somer en vrek koud in die winter. Hierdie deel van die Karoo kry somer re�n gevolglik is dit uiters droog nou (September). So in die verbyry is dit opvallend dat op die plase in hierdie omgewing met skape geboer word. Ai, dit laat 'n mens se mond water vir bietjie braaivleis of 'n bordvol skaaprib-bredie. Sutherland vanaf die grondpad in die teenoorgestelde kant as wat ons die vorige keer in gery het. Die veld is reeds besig om uit te droog na die winterre�n. Daar is nog 'n paar dapper blommetjies tussen die graspolle. Op 'n afstand lyk dit asof ons 'n eeu of twee terug is in tyd. Nogtans het elke huis sy TV, selfoon en sy kruis, al lyk dit so stil en rustig. Die ou teleskoop. 'n Besoek aan Sutherland se sterrewag is sekerlik die droom van baie sterrekundiges en sterrekykers regoor die w�reld. Ongelukkig het die slegte grondpad ons duur te staan gekom. 'n Band letterlik flenters gery. Rudi het omtrent gesukkel om die domkrag onder die kar in te kry. Die verflenterde band was heeltmal van die wiel af en oor die plek waar die domkrag moes kom. Met die gesukkel in die stof kon mens nie sien waar die grondpad eindig en die man onder sy motorkar begin nie. Geluk was dat die motor glad nie enige hantering probleem gegee het met net drie wiele teen 'n spoed op die grondpad nie en Rudi is so trots op sy motor daaroor. Einde goed - alles goed. |
| Pas op vir 'n kort paadjie. Daar moet 'n rede wees dat die hoofweg nie daarlanges gaan nie. - Langenhoven |