Kambi die koedoe van Namibia |
|
| inskrywings in hierdie blog kliek hier |
| Kambi die koedoe koei van
Namibia Kambi is 'n jong koedoe op die gasteplaas
Elisenheim buite Windhoek. Soos duidelik gesien kan word op die fotos is Kambi die
koedoekoei en haar katmaatjies baie goed versorg. Die mense van Elsenheim is bekend
vir hulle groothartigheid teenoor mense en diere. Besoek die Elisenheim webwerf om meer van die plaas
te sien. Plaaskatte vorm dikwels 'n sterk band met 'n gekose perd waar hulle dan ook saamwoon in dieselfde stal. Dit is tot almal se voordeel daar die katte rotte, muise en selfs slange vang. Maar daar is seker nie 'n perd so gewild soos Kambi die koedoe nie. Heel moontlik omdat Kambi saam met die katte nuuskierig is en saamstaan om te weet wat die mense in hulle omgewing doen.
Wie kan bedruk voel na 'n vroeg oggend groet deur hierdie twee. Daardie gevoelvolle kyk van die koedoe en die ondeunde kat gereed vir die uitdagings van 'n nuwe dag. Soos Christine Werner skryf. "Wenn ich morgens meine Gardinen aufmache, gucken die Beiden meist schon ins Fenster, wollt' das nur mit euch teilen, s��, ne?!? " - rof vertaal - as ek in die oggend die gordyne ooptrek loer die twee reeds na binne. oulik nie ? Foto bo: Kambi die koedoekoei en haar vriendjie Mummel die kat Foto onder: Kambi met haar vriend Peet nog 'n kat. Kambi het 'n persoonlikheid wat almal gerus laat voel in haar teenwoordigheid. Sy het geen einde aan vriende nie. Katte, honde en mense, dag of nag, sy is nooit alleen nie.
|
| Rek die waarheid en jy doen an hom tekort. - CJ Langenhoven |