Klipperig |
|
| inskrywings in hierdie blog kliek hier |
| 'n Klipperige tuin, kliptuin
of rotstuin - wat ookal dit genoem word,
daar is al hoe meer tuine waar
die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin
verander. In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende
tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin uniek laat lyk. Die klem
op die spaar van water is waarskynlik die inspirasie tot hierdie nuwe interessante
tuinontwerp. 'n Stap verder is om die hele tuin in 'n kliptuin te verander. Die fyn plantjies tussen die klippe is nie sigbaar op 'n afstand nie maar dit is opwindend om hulle tydens 'n wandeling deur die tuin te ontdek. Dit is die beste om dolomietgruis te gebruik, vir die plante en ook vir die neutrale agtergrond. Die fyner vetplantjies in die natuur groei tussen spierwit kwartsgruis en na my mening sou 'n strook wit gruis om die groot klippe in die voorgrond hierdie kliptuin ophelder.
|
