'n Meme-tag 8 beskrywings van waarom jy gelukkig
is in jou lewe
Die re�ls is :-
Skakel (link) terug na die persoon wie die Meme-Tag gestuur
het.
Plaas hierdie re�ls bo-aan jou bladsy met 8 beskrywings van waarom jy gelukkig is in jou
lewe.
Maak 'n lys van ongeveer 8 ander bloggers aan wie jy hierdie tag verder stuur.
Die geluk in my lewe;- Ek is dankbaar en gelukkig dat Rudi nog in my lewe is na meer as 40
jaar (heelwat meer, maar wie tel nou die jare so presies) Ons is nou al in alle opsigte
een persoon en hy beheer die brein.
 
Rudi was geoloog by die kopermyn in Nababeep Namakwaland vir vyf jaar en daarna by TCL in
Namibia. Die TCL myn het gesluit en ons het besluit om vroeg af te tree in die Republiek
van Suid Afrika. Dit was baie moeilik en hartseer om afskeid te neem van Namibi�, maar
gelukkig is die kinders nog daar in Namibi� met 'n kuierplekkie vir ons.

Ons is gelukkig met ons drie kinders wat goed doen in hulle lewens en vir die skattige
klleinkinders. Net grootouers kan verstaan hoeveel geluk kleinkinders bring.
Ek is bly dat ons nie die www, rekenaars, (komputers) of TV gehad het nie toe ons kinders
klein was. Ons het geleer om mekaar te geniet en ken die lewe met en sonder die moderne
geriewe.

Ons katte is nou ons kinders. Ek is trots op die katkinders. Gelukkig hou hulle my jonk en
op my voete in plaas van dat ek voor die komper sit en speletjies speel.

Dan is daar nog baie vreugde in die aalwyntuin stokperdjie. Ons geniet die eksursies om
die plante in die natuur te sien. Die tuin hou mens aan die gang en die geluk is dat Rudi
van die takies hou waarvan ek nie hou nie en omgekeerd.

Ek vermoed dat dit al meer as agt dinge is wat my gelukkig maak.
'Skies vir die lang storie.
Nou sien ek uit na 'n drama met baie geluk van iemand anders.
My tag gaan aan:-
THEA en haar hobbie blog Greintjes
Muriel's Diaries
Bashing
innie boedoes
rivierklokkies
Eva die sterker chromosoom
|