inskrywings in hierdie blog kliek hier

'n jagluiperd, kat en  twee honne

 is die vierbenige kinders van  Japie Pienaar en sy vrou  Magda.

Magda vertel:-

Oorspronklik was die cheetah se naam Nancy, maar

dit het verander na Jollie (Die mense wat die cheetah groot

gemaak het op die bottel vanaf geboorte,  het haar

Angeline Jolie genoem.)

Die Duitse Herdershond se naam is Frankie omdat die

eerste fotos van hom 'n blou refleksie van die werker se klere

in sy oog gewys het .  Dit het Japie laat dink aan Frank

Sinatra O'l Blue Eyes.

Die Siamees heet Anix (vernoem na 'n vriendin Anika.)

 maar hy word meestal  "Die Witte" genoem en

die Pug se naam is eenvoudig Boelie. 

 

Japie Pienaar en sy vrou  Magda se plaas is gelee in die Vrystaat 20 km.

vanaf Wesselsbron, R.S.A.  'n Gedeelte van die plaas is 'n natuur reservaat

en verder word geboer met  Arabiese perde en landbou.

In die reservaat is daar  'n self-bedien-kamp langs die rievier met

'n voertuig om in rond te ry.  Wild te sien is bokke, buffels, renoster,

en seekoei, asook 'n groot verskeidenheid voels (200+species) en vis

in die rivier.

Brakfontein private natuur reservaat.

Kontak  Magda Tel. (+27) 057 899 2426

Ek kan my voorstel wat hierdie buffel al kouende dink.

Hy jeuk vir 'n onder-onsie met daardie jagluiperd.

 

Noudat almal mekaar ken kan ons oorgaan na meer aksie

in die volgende blog.

 

Help dat jou swakke medinger op die bene bly. As hy tot niet gaan,

kom daar straks 'n sterke in sy plek  -  Langenhoven

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)