| sal ons ooit vergeet....ja-ja
ons sal Ek het in die laaste tyd 'n behoefte om te weet
wat het van ou vriende geword. Dit is wel moontlik om ou vriende, familie en so meer
op te spoor op die www maar my geslag is nie so begaan oor die internet nie en ek
onthou nie spesifiek die vol name nie, selfs nie eers die name van kinders saam met wie ek
'n paar jaar op skool was nie. Die maklikste is dus om die skool te vind. Daar is die w�reldwye skoolvriende webwerwe. Maklik? Ek dink nie so nie. Een moet mens aansluit om werk te vind en eers 'n resume opstel insluitend talle persoonlike vrae. 'n Ander een soek name en e-pos adresse van vriende. Elke keer is die name wat ek intik reeds ingeskryf en soek hulle ander name (iets is nie pluis nie want dit is my name op tydelike adresse) In 'n andergeval is mens eindelik in die databasis en mag dit gebruik teen 'n klein bedrag (natuurlik in $). Eindelik het ek geslaag om te vind waarna ek soek, maar daar is bitter min name. Vernaam in my ouderdom groep. Die webwerf lyk goed en dring nie aan op e-pos adresse van jou vriende nie. Alles gratis. Find your classmates at
Graduates.com Is daar nog mense met skool- fotos? Die ou skool fotos was amper net so lelik soos paspoortfotos. Dit lyk net ietwat beter omdat ons op daardie ouderdom wel beter gelyk het. sug.... Tyd vlieg. Sien julle.
|