kykie in die lewe om windhoek

hierdie blog se inskrywings
Windhoek is netjies en rustig gele� tussen berge - klein vir 'n stad, vernaam waar dit 'n hoofstad is. Wilde diere soos  koedoe(kudu), jakkalse, stokstertmeerkat en 'n groot verskeidenheid koggelmanders en akkedisse kan in die stad en die heuwels gesien word, vernaam ten tye van droogtes.  Vo�ls en insekte is in 'n groot verskeidenheid te sien.

Aloe littoralis op die foto is Windhoek se wapen embleem.  Hierdie aalwyn groei maklik 3 meter hoog, maar dit blom op 'n jong ouderdom lank voordat daardie hoogte bereik word.  Aloe littoralis het geen probleem met die ryp wat elke jaar voorkom in die gebied nie.  Blomtyd is vroeg in die winter voordat dit begin ryp. Die blomstingels vorm 'n kandelaar. kliek op die fotos om te vergroot.

  windhoek.aloe.littoralis.jpg (53187 bytes)

Die foto onder is Winfhoek in die winter.  Die kwik daal heel dikwels onder vriespunt en selfs tot soveel as -6 grade Celsius, maar sodra die son opkom styg die temperatuur vinnig na 'n lekker dag.  Aloe littoralis is ook aangepas by die winters en blom vroeg in die winter voordat die blomme kan vries.

windhoek.aloe.littoralis.winter.jpg (70816 bytes)

Die bobbejane is wel oulik om na te kyk, maar nie as hulle op 'n rooftog om kos te vind in die buurt is nie.  'n Bobbejaan het gevaarlike tande en hulle is rats en sterk.   Hulle sal selfs 'n man kan doodmaak en is 'n groot gevaar vir kinders en ook vir honde. Die foto onder is geneem van 'n groot mannetjie.  Hy het gekom om die lekker ryp papaja in die tuin te oes.  Ons wou hom nie ontstel nie en het die foto deur die venster geneem.  Dit lyk nou asof die bobbejaan agter tralies is, maar in werklikheid was ons vasgevang agter die tralies in die huis.

bobbejaan.windhoek.blog.jpg (15818 bytes)

 

Kambi die Kudu(koedoe)  kambi se blog

KambiEule-7.5.06.JPG (29753 bytes)

 

Een van die gecko of  koggelmandertjies wat homself tuismaak in die huis.

 gecko..jpg (72111 bytes)
gecko.hand.jpg (33042 bytes)
Hoe weelderiger die woord, hoe skraler die gedagte - CJ Langenhoven