inskrywings in hierdie blog kliek hier

 'n Aalwyntuin in die plek van die grasperk by die agterdeur was 'n uitstekende besluit. 

Ons spaar water, werk en koste.

Na jare se swoeg en sukkel, het ons besluit om die verwaarloosde

grasperk by die agterdeur uit te spit.  Ons was al gewoond aan die

waterbeperkings elke jaar, maar hierdie jaar was die water besonder

skaars.  Die foto bo is geneem Junie 2005.  Die beddings is gemaak

en ons het reeds begin plant.  Die voordeel van aalwyne is dat hulle

so maklik oorplant.  Terwyl ons op ons tyd aan die agterdeurtuintjie

werk, groei die aalwyne ewe vrolik op 'n ander plek in die tuin.

Nog so 'n jaar later en dit lyk al heel netjies.  Die foto was geneem

om te wys hoe mooi Aloe africana blom.  Dit is verbasend hoe goed

aalwyne kan oorplant, hierdie aalwyne is 'n paar maande gelede

oorgeplant.  Laat staan die aalwyn op 'n plek totdat nuwe wortels

begin wys en plant oor in die droë tyd van die jaar. 

Hier is meer besonderhede.  Die jong aalwynplante onder die boom

links is almal kruisings wat Rudi gemaak en gekweek het.

Die foto is geneem Julie 2009 en van die teenoorgestelde kant

as die foto bo, d.i. vanaf die boom.  Aloe africana se blomtyd is

ietwat later.  Die Aloe mutabilis kruising se blomme wys bokant

Aloe africana (regs agter) wat die indruk skep die aalwyn blom.

Rudi se kruisings in die voorgrond is ook pragtig.

Foto bo:   Hierdie aalwyne is van die eerstes wat geplant is aan die

kant oorkant die boom aan die onder end van die agterdeurtuintjie.

Die drie aalwyne in blom  is  van links; 

Aloe ferox X Aloe arborescens,  Aloe mutabilis X  Aloe arborescens

en Aloe cryptopoda.  Aloe ferox bekend as bergaalwyn en ook as

die medisyne-aalwyn,  maak mooi kruisings.

Rudi se Aloe petricola X Aloe globuligemma kruisings is in blom. 

Daar is blykbaar twee kleure blomme in die vyf plante.  Diep

oranje wat verkleur na geel soos die blomme oopmaak en rooi

wat verkleur na 'n romerige wit.

Daar is kleiner aalwyntjies en lelies tussen die aalwyne.   Die

lelies is o.a.die klein inheemse Gladiola.  Hulle rus in die somer

en het baie min water nodig.  Somer reënval tuine sal die lelies

plant wat rus in die winter. 

Kyk op my webwerf na die besonder mooi inheemse lelies.

Hierdie klein lelie groei maklik van saad en ons het saad

op voorraad.  Hulle versprei deur saad en bolle en

vertoon baie mooi in 'n groep.  Ons epos adres is

euricat at gmail.com   vervang die at met @ en geen

spasies nie.  Jammer vir die moeite maar dit is om

die outomatiese oes van adresse te fnuik.

 

 

 Stilbly is ook 'n woord en daarom kan jy daarmee ook lieg - C.J. Langenhoven.

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)

 

 

 

 

non-ice.com free counters

11/07