Die soutpad en Aloe asperifolia die woestynaalwyn.

Die plan is, Windhoek na  Karibib met 'n besoek aan Usakos en dan die kortpad grondpad uitdraai  na Hentiesbaai, kusaf met die soutpad tot by Swakopmund en Walvisbaai.

Die vinnige trippie met die soutpad is spesiaal om die woestynaalwyn Aloe asperifolia te sien en natuurlik 'n paar fotos te neem.  Entlik is dit die eerste rede.  Ons stel ook belang in die pragtige kristalle van die Spitzkoppe.  Vir nou gaan ons eers vir die aalwyne.

Die soutpad is iets ongewoon - Die pad is werklik gemaak van sout uit die vele soutpanne wat voorkom aan die weskus van Namibië.  Die gips wat voorkom in die soutmengsel van die panne, verbind met die sand en die sout trek water uit die mis-weer wat die mengsel klam hou sodat dit nie 'n droë kors vorm nie.   Die soutpad ry enige tyd net so lekker soos teerpad.  Dit is baie goedkoop om te bou maar die vangplek is dat dit nie mag uitdroog of natreën nie.

karibib.town.road.jpg (44542 bytes)

Karibib die strate is ongelooflik stil.  Skynbaar is die enigste beweging by die paar winkels in die hoofweg,  die dwarstraat waar ek staan om die foto te neem. Merkwaardig is hoe skoon die dorpie is,  geen rommel te sien nie.

aloe.hereroensis.usakos.jpg (82792 bytes)

By Usakos is dit warm en droog. die foto hierbo is geneem in die ou begrafplaas van Usakos.  Ons het verwag om die Aloe hereroensis in blom te sien, maar soos dit blyk was die reën nie genoeg nie.  Daar is 'n effe groenigheid in die middel van die aalwynrosette en dit sal hierdie aalwyne hou tot die volgende reën teen die einde van 2006, net so twee tot vier maande om te wag - as dit 'n goeie reënjaar sal wees.

 

 woestynpad.jpg (31776 bytes)

Net verby Usakos het ons afgedraai en die grondpad gevat deur die woestyn tot by Hentiesbaai.  Sulke gras het die woestynbewoners vir 100 jaar nie gesien nie.

../pad.swa (19014 bytes)

Die pad tussen  Swakopmund en Walvisbaai.  Pragtige sandduine.

lagoon.walvis.bay.jpg (102722 bytes)

Flaminke in die lagoon by Walvisbaai.

 

visserboot.jpg (29289 bytes)

Foto onder:-  'n Kraan is besig om 'n gestrande vissersboot uit te trek.  

'n Paar eeue gelede sou dit seker 'n groot teleurstelling gewees het om hier te strand.  Niks behalwe sandduine in sig, maar dit is darem nie heeltemal so erg nie, dit is net in paar kilometers tot by die monding van die Swakoprivier. Al lyk die rivier soos 'n droë sand sloot sal daar wel water onder die sand in die rivierloop wees.  Die hitte langs die see met die koue seestrome,  is nie naastenby so warm soos die temperatuur van die woestyn in die  binneland nie.

Aloe asperifolia die Namib aalwyn.  Die dowwe kleur van die plante pas aan by die dorre habitat waarin hulle groei. 

aloe.asperifolia.jpg (65813 bytes)

Die blomtyd vir hierdie groep Aloe asperifolia was reeds verby.  'n Enkelle laat blomsteel wat  skuins dwars uitsteek  is wel ietwat yler as normaal, maar dit is tipies hoe hierdie aalwyn blom.

woestynboom.jpg (128030 bytes)

Een van die bome wat aangepas is om in die woestyn te oorleef.    Die hoogste punt van die takke is nie meer as 40 cm nie.  Onder die grond is 'n groot sappige stam.

aalwynsaad fotos en inligting gaan kuier by ons webwerf  in Afrikaans

Dit is wáár daar is nie rook sonder vuur nie: maar hoe meer rook hoe minder vuur. CJ Langenhoven

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)