terug na Windhoek verby Spitzkoppe se blink klippies

'n Rykdom van kristalle, edelstene,  rare   plante, onbekende insekte, diere, sprokies, bygelowe, moord en avontuur.  Dit is geen wonder dat daar 'n spesiale aura om hierdie berge is nie.  Bewonder die Spitskoppe berge liewer op 'n afstand tensy jy baie betroubare kontakte het om nader te gaan. 

spitzkoppe.namibie2.jpg (17379 bytes)

Die Spitzkoppe is pragtig op 'n foto en word dikwels geskilder.  

pad.jpg (14813 bytes)

Die koppies net voor die Spitzkoppe aan die weskus se kant op pad terug na Windhoek.  Die poort na 'n geologiese wonderland van kristalle en  edelstene in die oorspronklike Damara gebied. Die werklike gebied waar die lristalle is, kan net bereik word deur 'n vierwiel motor of 'n donkiekar/perdekar. 

Die inwoners ken die klippe en kristalle.  Nie net die volksname nie maar ook die wetenskaplike benaming wat nodig is vir die verkoop van die klippe by hulle informele stalletjies langs die paaie  en daar word natuurlik ook gehandel met die winkels.   

Let wel.  Die minerale is die wettige eiendom van die eienaars van die gebied - dit  "lê nie rond vir optel en vat nie" .

horse.cart.jpg (30742 bytes)

gemstones2_small.jpg (14239 bytes)

By die stalletjies  is soveel om deur te kyk,  dit is baie moeilik om die versoeking te weerstaan en ek vorder nie ver voordat my hande vol is nie.  My beursie was ook al te vinnig leeg.   Vir my is die kristalle enige tyd mooier as 'n geslypte edelsteen.

Hierdie is net 'n paar van die stalletjies.  Die kristalle is beduidend goedkoper as in enige van die winkels in Nambië wat die kristalle, edelstene en semi-edelstene verkoop.

glitter.jpg (35718 bytes)

 

Sy baie oefening in aanmerking nemende sou jy kosbare woorde verwag van die babbelaar.   

CJ Langenhoven

 

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)