Kom ons verlang saam |
| 'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang
na kinders en familie oorsee. Dit maak nie saak in watter rigting hulle oor die see
heen is nie, verlange is dieselfde. Hierdie fotos is geneem toe ek vir my seun in Engeland gaan kuier het. Wanneer die verlange groot is, help dit na die blomfotos te kyk en te konsentreer op die positiewe kant voordat ek verder kyk na fotos van hom en ons kleinseun. |
|
| Die groen tonnel is 'n wandelpaadjie agter sy huis. Dit is pragtig en wek
dadelik herinneringe van fe�verhaaltjies - maar nie vir lank nie. Die werklikheid
sluip in as die besef kom dat dit baie ver is om hom te sien, maar ten minste is dit
veilig waar hy nou woon om te gaan wandel in die donker tonnel. Behalwe vir die
moorde in Suid Afrika is daar 'n baie beter toekoms vir hom in sy werk. Nou goed, ons is dankbaar, ten minste het hy daardie geleentheid. Kom ons vind uiteindelik troos in die blomme met gedagtes aan almal vir wie ons lief is, naby of ver.. |
![]() |
|
![]() |
![]() |
| Hoe ver is die afstand wat ons nog in die donker tonnel gaan wees en wat wag aan die einde van die tonnel vir ons in Suid Afrika ? | |
| Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. - Langenhoven |