Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer
hulle kom kuier.
Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte
kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto) is baie gewild
by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die tuin. Bome soos die vyeboom, bessies
en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te
onthaal.
 Die onthaal hoekie.
'n verskeidenheid vrugtehappies langs die bad en drinkbak. Die aalwyne keer die
katte om die voëltjies te bekruip met net die een kant oop waar die voëls moet op die
uitkyk wees vir gevaar.

Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in
'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters
tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n
plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle
eet.
Begin die wildegrashoekie deur van die voëltjiesaad en ander grassaad te
saai. Wilde saad waai spoedig daarby in. Verwyder onkruid en los
alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot
verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie
gaan nie in die huis in nie).
Vir aalwynsaad fotos en inligting gaan kuier in my tuin webwerf |