Kokerbome in die tuin

hierdie blog se inskrywings
Die kokerboom (Aloe dichotoma) vertoon pragtig in die natuur.    Met die klem op waterspaar en die popul�riteit wat aalwyne nou kry, is daar baie tuiniers wat hierdie aalwyn in die tuin wil plant.  Dit is nie buite bereik nie, mits daar net aan 'n paar vereistes voldoen word.

aloe.dichotoma.jpg (39198 bytes)

Die Kokerboom op die foto hierbo staan in 'n tuin met 'n groen grasperk.  Hierdie foto is geneem in Windhoek, dit is dus geen prestasie dat die aalwyn so lekker groei nie.   Nogtans let op die volgende punte;  Die kokerboom hou nie van 'n nat tuin vol plante nie; die grasperk word net bolangs natgemaak die wortels van die kokerboom is droog;  daar is baie lug sirkulasie om die kokerboom; die boom groei op 'n helling met klippe en rotste  onder die grond vir dreinering, en dit help as die lug droog is (alhoewel dit is nie noodsaaklik dat die kllimaat uiters droog moet wees nie).

aloe.dichotoma.tuin.jpg (54788 bytes)

Hierdie tuin is in Namakwaland waar dit uiters droog in die somer is en yskooue nagte in die winter.  Hierdie tuin is 'n voorbeeld dat 'n tuin mooi en sonder moeite kan wees mits die tuin by die klimaat aanpas. 

Nou vir die kokerboom.   Aloe dichotoma groei klaarblyklik makliker in Kaapstad, as in die dro� Klein Karoo.  Ons het deur die inligting gesif en tot die slotsom gekom dat die hoofsaak by die kokerboom is dreinasie.  Grawe 'n diep gat, en vul dit met klippe (sluit in dolomiet en kalksteen), growwe sand en 'n bietjie ou kraalmis.  - Dit is verbasend hoeveel al die aalwyne van ou kraalmis hou.  Plant die aalwyn bo-op sodat die stam bokant grondhoogte is.  Moenie die aalwyn natmaak nie, die re�n is oorals in die land genoeg vir hierdie aalwyn.  Die kokerboom groei maklik van saad.  Meer inligting is op ons webwerf

Let op die Aloe marlothii tussen die twee kokerbome.  Dit is 'n geharde aalwyn pragtig in 'n groot tuin, maar ook 'n bietjies te swaar in 'n klein tuin.  Hier groei dit ewe pragtig in die winter  re�nval streek. 

 

Die nonnie-kokerboom Aloe ramosissiema is met een woord oulik in die tuin.  Dit vertak wanneer dit nog baie klein is en lyk soos 'n bonsai kokerboom.  Ons vind dat Aloe ramosissima ongelukkig  moeiliker is as die Aloe dichotoma in die tuin. Die boompie in die foto hieronder is net oor een meter hoog en reeds 5 jaar oud.  Die kruising van die twee bome, Aloe dichotoma en Aloe ramosissima is makliker as enige van die twee en groei vinniger. Op die foto bo, die boom regs is 'n kruising.

Aloe ramosissima groei baie goed in potte waar die hoeveelheid water gereguleer kan word.

Aloe ramosissima.jpg (122022 bytes)

Die waarde van die koelte is in die warm son rondom hom.  -  CJ Langenhoven

 

tuisblad.nav.gif (1656 bytes)

 

 

11/07