'n Klipperige tuin, kliptuin of rotskliptuin

menu

wat ookal die naam, aalwyne en sukkulente vetplante spaar werk en water

Deesdae is daar al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies.  Die hele voorkoms van die tuin verander.  In teenstelling met die groen grasperk kan die verskillende tekstuur, grootte, kleur en vorm van die klippe elke tuin verskillend laat lyk.  Blykbaar is die veldtog met die klem op die spaar van water die inspirasie tot hierdie nuwe tuinontwerp.

Klippe is nie so maklik bekombaar as die tuin in 'n stad is nie, maar die moeite om die klippe te kry is streng gesproke eenmalig.  
Maak ook gebruik van die groot verskeidenheid sement teels wat beskikbaar is vir paadjies.  Asook die nagemaakte groot klippe, hulle is absoluut pryswerd. Die nagemaakte klippe kan tenminste rondgeskuif word en 'n vragmoter is nie 'n vereiste om dit by die huis te kry nie.
Die voorbeeld wat hieronder aangegee word het geen geometriese patroon nie.  Met die eerste oogopslag is dit die klippe wat raakgesien word, maar die interessante deel is die weggesteekte klein vetplantjies.  Oorals in hoekies, onder en tussen die klippe.   Dit is soos 'n vrugteslaai.  Dit lyk na 'n deurmekaar mengsel maar dit smaak heerlik.
'n vrag Dolomietgruis is baie goed vir die grond en plante en dit is nie so 'n groot uitgawe soos los klippies nie.  Gebruik dit vir agtergrond.
Kyk rond vir klippe wat in die gebied voorkom en vernaam waar 'n boer van die klippe uit sy landerye wil ontslae raak.
Baplan dan verder.
Hier is ons basiese uitleg.  Fotos is baie makliker as beskrywings.  kliek op die fotos om dit te vergroot
Hierbo foto links  is die klippe wat op grootmaat beskikbaar was.  Maak ook gebruik van houtstukke of stompe.
Die klippe waarop die drinkbak staan is nagemaak, so ook die drinkbak.   Die plante links agter is aalwyne, hoofsaaklik kruisings vir mooi blomme en maklike plante.  Met 'n groot bos Karoo vygies op die punt.  Karoo vygies blom later as die Namakwalandse vygies.  Meng die verskillende vygies in die tuin vir 'n langer blomtyd.  Heel agter is versillende plakkies (Cotyledon, ook tuinkruisings) hoofsaaklik die bloublaar soorte. Die vygies van naby op ons Engelse  webwerf. Gebruik die "back" pyltjie om terug te kom. 
Voor 2de van links is Aloe congolensis en 'n paar kleiner aalwyn kruisings.   Regs voor is vygies en Aloe davyana.  Heel voor in die middel onder die klippe is Euphorbia obesaAloe davyana maak nie stiggies nie. Dit is grieflik deurdat daar geen aandag nodig is nadat hierdie aalwyn op sy plek geplant is nie.  Jammer is wanneer daar so 'n mooi eksemplaar is en daar is geen manier om nog een te kry nie.  'n Groot aantal saad mag dalk 'n paar plante met so 'n perfekte patroon lewer.
Daar is verder heelwat klein sukkulente geplant, maar op hierdie skaal is dit nie die moeite werd om hulle uit te wys nie. Die rooi plante in die middel is opvallend.  Dit is 'n Kalanchoe sp.  Dié plante moet in vol son staan anders word dit groen. 
Hier volg 'n paar fotos van soorte wat baie goed sal aard versteek in die rotse/klippe.

Twee Haworthia spesies.  Die plante op die foto regs is ook bekend as venster-plantjies.

Links op die foto bo is 'n rustende lelie, middel 'n mesemb spesies en Gasteria liliputana regs.
Foto regs is 'n Stapelia sp. ook bekend as aasblom.

 

Foto links:-  Die tuin in herfs, die eerste reën is daar en die eerste blomme.
Die aalwyne van links na regs Aloe comptonii, Aloe framesii,  Aloe framesii x Aloe melanacntha kruising (in blom) en Aloe thraskii.
Foto regs: -    'n Ander deel van die aalwyntuin in die winterseisoen

 

 

menu

   aalwyne geen stam - lang stam  - gevlek  - kruisings   saadkatalogus

  kliptuin  potplant tuin tuin voëls toer gesondheid

  vrae wenke skakels skakels tuin  sitemap