my tuinvoëltjies blog 

Voëls dophou in die tuin is iets wat tot die kleinkinders geniet wanneer hulle kom kuier.
Daar is voerbakke en waterdrinkbakke op strategiese plekke waar die voëltjies die katte kan sien. Die blomme van aalwyne en plakkies (links bo op die foto)  is baie gewild by suikerbekkies en daarvan is daar oorgenoeg in die tuin. Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar is nodig om suikerbekkies en die vrugte eetende voëltjies te onthaal.

Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik bevredig deur voëltjiekos te koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi, maar dit is baie interessanter om ook vir die saadeters tuin te maak. Ons het 'n klein wildernis  in die een hoekie van die tuin. Dit is 'n plesier om die voëls dop te hou terwyl hulle hang en swaai aan die grashalms terwyl hulle eet.

Begin die wildegrashoekie deur  van die voëltjiesaad en ander grassaad te saai.  Wilde   saad waai spoedig daarby in.  Verwyder onkruid en los alle grasse, koring, hawer en ander graansoorte. Met die tyd sal daar 'n groot verskeidenheid grasse groei en 'n paar veldmuise mag dalk ook intrek (regte veldmuisie gaan nie in die huis in nie).

Vir aalwynsaad fotos en inligting gaan kuier by http://storm.prohosting.com/farm4u/

 

 

about us

site map

afrikaans tuinvoëls

silkworms 

aloe hobby 

resurrect an aloe 

feline language

links

saving hoodia 

growing hoodia

johnsmith

linkblogs 

 

Blogion.com - the definitive blog directory

 

 

Medical Office Software