Indeks
 
akwariums   
 barbs
botias
brakwater visse
cichlids
goudvis
gouramies
haaie
katvisse
 lewendbarende visse
mesvisse
potloodvisse
skêrvisse
skeurvallei visse
tetras
visse
kommentaar
kontak
skakels
Teel akwariumvisse
tuisblad
 

 

Tropiese visse vir die akwarium

Die familie Notopteridae is vanaf Afrika en Asië.  Die genus Xenomystus het nie die klein vin op die rug nie.  Die lang buikvin stel hierdie visse in staat om ewe maklik en vinnig vorentoe of agteruit te swem.  Hulle is roofvisse met 'n groot bek.   Al die mesvisse hier beskryf teel  sover my kennis strek, nie in gevangeskap nie.

 

MESVIS

HARLEKYN MESVIS

 MESVISNotopteris afer   Hierdie twee Mesvisse hou nie van kopetisie van hulle eie soort nie.  Hulle  is gelukkig met 'n paar plante of ornament vir skuiling en groot rustige visse pla hulle nie.  Kleiner visse sal met die tyd verdwyn   600 mm
HARLEKYN MESVIS   Notopteris chitala   600 mm   Die kolle verskyn en groei soos die visse groter word.  Die kolle mag selfs verskil weerskante van die vis.
 

 

AFRIKA MESVIS

SPOOKMESVIS

 AFRIKA MESVIS  Xenomystus nigri   Daar is altyd 'n uitsondering op 'n reël - Hierdie mesvisse moet 'n in skool gehou word.  Alleen is die vis baie senuagtig en kwyn.    300 mm
  
 SPOOKMESVIS   Apteronotus  albifrons  Suid Amerika.  Dit is onwerklik hoedat hierdie vis tussen die plante inswem en verdwyn.  Die vis kwyn vinnig as hy nie tuis voel nie.  Hou een spookmesvis in 'n dofverligte akwarium met plastiekplante of dekor waaronder die vis kan veilig voel.  Visse soos die barbs of gouramies is goed maar cichlids baklei te veel en neons sal geeët word.  300 mm