Indeks
 
akwariums   
 barbs
botias
brakwater visse
cichlids
goudvis
gouramies
haaie
katvisse
 lewendbarende visse
mesvisse
potloodvisse
skêrvisse
skeurvallei visse
tetras
visse
 
kontak
skakels
 
tuisblad
 
 

 

Tropiese visse vir die akwarium

Die visse van die skeurvallymere van Afrika, Familie Cichlidae   is uniek aan hierdie mere.  In die Malawiemeer is meer as 200 spesies van die familie Cichlidae beskryf en in die Tanganjikameer is ook meer as 125 spesies.
Die vissse teel maklik wanneer hulle gelukkig is in hulle omgewing.

   POU-MALAWIECICHLID

 
Aulonocara nyassae  Verskillende kleurvorms in die mannetjies
Die jongvisse en wyfies is vaalbruin soos die vissie regs-bo
Hou al die malawicichlids in 'n groot akwarium met baie rotse en wegkruipplek en ook baie visse.  So word die aandag versprei en die swakker vis kan wegkruip.  

 

BULKOP-CICHLID

TANGANJIKABULKOP

FOSSI-CICHLID

VENESTUS-CICHLID

BULKOP-MALAWIECICHLID   Cryptocara moorii  160 mm  Vreedsame vis hou homself eenkant as ander baklei
TANGANJIKABULKOP  Cyphotilapia frontosa   Baie vreedsaam en verdedig net 'n klein plekkie wanneer hulle kuitskiet. Hou hulle saam met die kleiner malawi cichlids.  mannetjie 200 mm en wyfie 160 mm
FOSSI-MALAWICICHLID.  skrik vir niks maar basies rustig - soek nie moeilikheid nie - benodig spasie.   300 mm. 
 VENESTUS-MALAWICICHLID   Nimbochromis  (voorheen Haplochromis) venustus  200 mm die geel oor die kop lyk soos fyn goud poeier. Wyfie is vaal-wit met grys vlekke. Redelik vreedsaam behalwe teen ander venestus mannetjies

 

LIVINGSTON-CICHLID  mannetjie links

GEELMALAWIECICHLID

LIVINGSTON-CICHLID mannetjie  250 mm
LIVINGSTON-CICHLID wyfie met bek vol eiers/kleintjies   250 mm
GEELMALAWIECICHLID      Labidochromis caeruleus mannetjie.  Mannetjies baklei ernstig net onder mekaar.
GEELMALAWIECICHLID       Labidochromis caeruleus     wyfie  regs,  met bek vol eiers  90 mm  Die visse in  vol kleur selfs as jong visse.  
 

 

FUELLEBORNICICHLID

TREWAVASSE-CICHLID

TANGANJIKACICHLID

 FUELLEBORNI-CICHLID  Labeotropheus  fuelleborni  wyfies is geel of oranje met of sonder fyn donker vlekkies.
TREWAVASSE-CICHLID   Labeotropeus trewavasae  mannetjie  100 mm
TREWAVASSE-CICHLID   Labeotropeus trewavasae wyfie  100 mm
Labeotropeus trewavasae se lyfvorm is slanker as die lyf van Labeotropheus fuelleborni, maar die bou en die wyfies se kleure is baie dieselfde.  Albei species se bekke is aangepas om alge van klippe af te skraap.  100 mm
TANGANJIKACICHLID  Lamprologus tretocephalus  140 mm  Albei geslagte lyk eenders.  Eiers word in 'n holte of grot gelê  wat dan met alle mag verdedig word.  Enigiets buite hierdie klein terrein pla die visse nie.
 

 

ELECTRAMALAWIECICHLID

AURATUS-CICHLID

TROPHEOPS-CICHLID wyfie links

 ELECTRAMALAWIECICHLID  Placidochromis electra  albei geslagte lyk dieselfde.  100 mm
AURATUS-CICHLID Pseudotropheus auratus   Kleure dieselfde behalwe in broeityd - dan word die mannetjie se geel kleur buik pikswart en die geel streep oor sy rug word blou. Om soos 'n wyfie te lyk het sekerlik voordele vir 'n swakker mannetjie.   100 mm
TROPHEOPS-CICHLID Pseudotropheus tropheops  wyfie met bek vol eiers 110 mm
TROPHEOPS-CICHLID  Pseudotropheus tropheops mannetjie 110 mm  hy pas sy wyfietjie baie goed op.

 

Hierdie foto van Pseudotropheus sebra is in die middel van die 1970's geneem.  Hy was direk ingevoer vanaf Malawi.
Dit was een van die eerste Malawi cichlids wat bekend geword het.  Nou is hierdie vis al in 'n groot verskeidenheid kleure geteel.  Hy was parmantig maar die akwarium geteelde nageslagte sal minder agressief wees.
   
 
 
 

 

akwariums          barbs            botias              brakwater visse            cichlids               goudvis    tuisblad 
gouramies          haaie            katvisse         lewendbarende visse            mesvisse          potloodvisse

skêrvisse             skeurvallei visse              tetras            visse        skakels                    kontak