ons Afrikaanse blog oor aalwyne Namibië en die koedoe.

Hierdie blog is oor ons aalwyne en ander sukkulente (beter gesê - vetplante)   'n toer deur die legendariese Namibië en 'n mak koedoe -  maar hoofsaaklik vir die genot om Afrikaans op die www te sien. Hopenlik gaan die blog oor Namibië goed af.  Namibië is ons eerste liefde ons kuier daar soveel moontlik.   

Ek is nie van plan om my  Engelse blogs te vertaal nie,   Afrikaners is heel rats om die Engelse taal te verstaan.

Indien jou rekenaar (Windows) verwarrende tekens maak in die Afrikaanse blog,  mag dit nodig wees om die rekenaar te stel om die Afrikaanse leestekens te kan lees.  Dit is vinnig gedoen, verander  jou sleutelbord  na UNITED STATES-INTERNATIONAL   of   kliek hier.

Die inskrywings op my Afrikaanse blog is
Namibië vanaf die suide tot by Windhoek.  'n paar mooi aalwyn fotos.  Die natuur is pragtig maar die tyd was bietjie min. 
Namibië Windhoek   Die hoofstad sonder lugbesoedeling. Vriendelik mooi en rustig.
Grondpad tot by Walvisbaai  Die woestyn,  'n gestrande vissersboot en die hoogtepunt was Aloe asperifolia in habitat.
Spitzkoppe   Die legendariese Spitzkoppe mooi soos 'n prentjie met waardevolle asemrowende kristalle maar ook gevare.
kom verlang saam   met blomfotos  van oorkant die water.  'n Groot aantal Suid-Afrikaanse ouers sal weet hoe dit voel om te verlang na kinders en kleinkinders oorsee. 
spinnekop met 'n mombakkies   hy is sonder gif maar daardie gesig is genoeg om enigiemand te laat skrik
trakteer tuinvoeltjies    'n tuin met aalwyn- en plakkieblomme vir die suikerbekkies en 'n klein graswildernis vir die saadeters.
kokerbome Aloe dichotoma, Aloe ramosissima en die kruising    'n paar wenke om hierdie gesogde bome in die tuin te groei.
peste en elendes by aalwyne.  Hierdie deel is vir eers net die peste.

ryp en vrot by aalwyne.

sneeu van naby sneeu en Aloe microstigma naby Sutherland in die Karoo
sutherland vanaf die Natuurpark by Beaufortwes net 'n vinnige draai vir 'n foto van die dorp en omgewing.
Kambi en haar katte die hans koedoe en haar katvriende.  Daar is nog honde en mense in haar lewe ook.
Kambi en kalfie verdwyn ontsnap 'n luiperd veilig tuis waar die kalfie versorg word deur die hond.
Kalfie  'n hartseer einde
Kambi die weergawe in Duits deur Christine Kambi se "ma".
Kambi in die groen.
Oshakati onder water   maar só maak mens die beste daarvan.
Gratis karwas net solank voorrade hou.
Vergenoeg padverspoeling, maar wie kan kla as hulle hierdie veld sien.
meme reels  hoe werk die memo tag vir blogs. Hier is 'n paar van die beste redes/tye in my lewe.
net vir jou  die beste is om self te kyk hoe dierbaar hulle is.
klipperig   'n Klipperige tuin, kliptuin of rotstuin wat ookal dit genoem word daar is al hoe meer tuine waar die grasperk vervang is met gruis of klippies wat die hele voorkoms van die tuin uniek maak.
ouvriende Ek het lank gesoek voordat ek hierdie webwerf gevind het. Kom ons kry SA op die map

 

 

 

Powered by
Search South Africa
Search the web.......
S A Everything
Skakels na Afrikaanse blogs  sal op hierdie webblad geplaas wordkontak my om skakels te ruil
Engelse blogs kliek hier
My Afrikaanse webwerwe
Die aalwyntuin met sukkulente spaar water en werk

 

Skakels

blog skakels

        skakels na webwerwe
Skoon, oorspronklike grappies in Afrikaans en Nederlands.

Blog Directory - Directory, reviews and more. Your one-stop blog spot!

kontak

 

Afrikaanse leestekens in Windows is maklik - Die instruksies is hoofsaaklik vir myself sodat ek dit nie weer moet soek nadat ek my komper moes skoonvee asgevolg van 'n virus nie.
INSTALLASIE

Windows (of NT)   verander  jou sleutelbord  na UNITED STATES-INTERNATIONAL.

kliek op My Computer
kliek op Control Panel
kliek op Keyboard
kliek op Language
kliek op Properties
kliek op UNITED STATES-INTERNATIONAL op drop-down WINDOW
kliek op OK (verskaf WINDOWS CD indien gevra)
Apply en OK


WINDOWS XP

1. My computer
2. Control Panel
3. Kliek op Regional and Language
4. Kliek op Language
5. Kliek op Details
6. Kliek op add
7. Op oopvalvenster kliek op keyboard layoute/IME
8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.
9. Kliek weer op venster en kies United States International
10. Apply en OK