|
|
|
|
Tropiese visse vir die akwarium |
|
Die visse van die skeurvallymere van Afrika, Familie
Cichlidae is uniek aan hierdie mere.
In die Malawiemeer is meer as 200 spesies van die familie
Cichlidae beskryf en in die Tanganjikameer is ook meer as
125 spesies. |
|
|
|
POU-MALAWIECICHLID |
|
Aulonocara nyassae Verskillende kleurvorms in die
mannetjies |
| Die jongvisse en
wyfies is vaalbruin soos die vissie regs-bo |
| Hou al die
malawicichlids in 'n groot akwarium met baie rotse en
wegkruipplek en ook baie visse. So word die aandag
versprei en die swakker vis kan wegkruip. |
|
|
|
BULKOP-CICHLID |
TANGANJIKABULKOP |
FOSSI-CICHLID |
VENESTUS-CICHLID |
|
|
|
|
|
|
BULKOP-MALAWIECICHLID Cryptocara
moorii
160 mm Vreedsame vis hou homself eenkant as
ander baklei |
|
TANGANJIKABULKOP
Cyphotilapia frontosa Baie vreedsaam en verdedig net 'n klein plekkie
wanneer hulle kuitskiet. Hou hulle saam met die kleiner malawi
cichlids. mannetjie 200 mm en wyfie 160 mm |
|
FOSSI-MALAWICICHLID. skrik vir niks maar basies rustig -
soek nie moeilikheid nie - benodig spasie. 300 mm. |
| VENESTUS-MALAWICICHLID
Nimbochromis
(voorheen Haplochromis) venustus 200 mm die
geel oor die kop lyk soos fyn goud poeier. Wyfie is vaal-wit
met grys vlekke.
Redelik vreedsaam behalwe teen ander venestus mannetjies |
|
LIVINGSTON-CICHLID mannetjie links |
GEELMALAWIECICHLID |
|
|
|
|
|
|
LIVINGSTON-CICHLID mannetjie 250 mm |
|
LIVINGSTON-CICHLID wyfie met bek vol eiers/kleintjies
250 mm |
|
GEELMALAWIECICHLID
Labidochromis caeruleus
mannetjie. Mannetjies baklei ernstig net onder mekaar. |
|
GEELMALAWIECICHLID
Labidochromis caeruleus
wyfie regs, met bek vol eiers 90 mm Die visse
in vol kleur selfs as jong visse. |
|
|
|
FUELLEBORNICICHLID |
TREWAVASSE-CICHLID |
TANGANJIKACICHLID |
|
|
|
|
|
|
FUELLEBORNI-CICHLID
Labeotropheus fuelleborni wyfies is
geel of oranje met of sonder fyn donker vlekkies. |
|
TREWAVASSE-CICHLID
Labeotropeus trewavasae
mannetjie 100 mm |
|
TREWAVASSE-CICHLID
Labeotropeus trewavasae
wyfie 100 mm |
|
Labeotropeus trewavasae se lyfvorm is slanker as die
lyf van Labeotropheus fuelleborni, maar die bou en die
wyfies se kleure is baie dieselfde. Albei species se
bekke is aangepas om alge van klippe af te skraap. 100
mm |
|
TANGANJIKACICHLID
Lamprologus tretocephalus
140 mm Albei geslagte lyk eenders. Eiers word in
'n holte of grot gelê wat dan met alle mag verdedig
word. Enigiets buite hierdie klein terrein pla die visse nie. |
|
|
|
ELECTRAMALAWIECICHLID |
AURATUS-CICHLID |
TROPHEOPS-CICHLID wyfie links |
|
|
|
|
|
|
ELECTRAMALAWIECICHLID Placidochromis
electra albei geslagte lyk dieselfde. 100 mm |
|
AURATUS-CICHLID
Pseudotropheus auratus
Kleure dieselfde behalwe in broeityd - dan word die mannetjie se
geel kleur buik pikswart en die geel streep oor sy rug word blou.
Om soos 'n wyfie te lyk het sekerlik voordele vir 'n swakker
mannetjie. 100 mm |
|
TROPHEOPS-CICHLID
Pseudotropheus tropheops
wyfie met bek vol eiers 110 mm |
|
TROPHEOPS-CICHLID
Pseudotropheus tropheops
mannetjie 110 mm hy pas sy wyfietjie baie goed op. |
|
|
| Hierdie foto van
Pseudotropheus sebra is in die middel van die 1970's
geneem. Hy was direk ingevoer vanaf Malawi. |
| Dit was een van die eerste Malawi cichlids
wat bekend geword het. Nou is hierdie vis al in 'n groot
verskeidenheid kleure geteel. Hy was parmantig maar die
akwarium geteelde nageslagte sal minder agressief wees. |
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|