Indeks
 
akwariums   
 barbs
botias
brakwater visse
cichlids
goudvis
gouramies
haaie
katvisse
 lewendbarende visse
mesvisse
potloodvisse
skêrvisse
skeurvallei visse
tetras
visse
kommentaar
kontak
skakels
 
tuisblad
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

Tropiese visse vir die akwarium

Brakwatervisse.

Om brakwater te meng, word tien teelepels seesout (of sout sonder jodium!! ) en een teelepel engels sout (magnesiumsulfaat) by elke tien liter water gevoeg.    Die formule wat te koop aangebied word vir seewaterakwariums kan ook verdun word vir die brakwaterakwarium.
 
  
Die familie Scatophagidae is tuis in seewater, brakwater of varswater al om die kuste van die Indiese oseaan

SCAT  jongvis links

volwasse vis regs.

VALS-SCATOPHAGUS

SCAT  Scatophagus argus   Jongvis.  Hou die vis vir eers in brakwater of dieselfde water as waarin dit was voor die koop.  Gaan stadig oor na varswater indien verkies.  300 mm
SCAT  Scatophagus argus  Op die foto is die grootte teenoor ander groot visse opvallend.  Die scat is 'n vreedsame vis.    300 mm
VALS-SCATOPHAGUS  Selenotoca multifasciata   Effe kleiner as die scat. 240 mm  Kom voor in dieselfde habitat.
 

 

Die familie Centropomidae en Monodactylidae is tuis in seewater, brakwater of varswater

GLASVISSIE

MONODAKTIELUS

LEMOENCICHLID

 

 GLASVISSIE    Ambassis lala  60 mm  Minder as 3 visse is baie onrustig, baklei en kwyn.  In 'n skool van 4 of meer is hulle gedrag heeltemal verskillend en gelukkig.  Sonder probleem in die brakwater akwarium.
MONODAKTIELUS  Monodacylis argenteus is vinnige swemmers en bly in skole.   4 of meer visse is ideaal. 200 mm
LEMOENCICHLID  Etroplus maculatus  is 'n brakwatervis.  Hulle weerstand is swak in varswater.   70 mm
 
 

GOBBIES

 Die families Eleotridae en Gobidae bestaan uit ‘n groot verskeidenheid spesies waarvan die meeste in die see voorkom. ‘n Klein hoeveelheid kom voor in brakwater en enkelles in varswater. Die mees opvallende kenmerk van hierdie families is die buikvinne wat onder die bors is en vergroei is om ‘n skyf te vorm. Die rugvin is met enkelle uitsonderings geskei in twee vinne, met harde strale in die voorste vin en ‘n sagte vin agter

SLAPENDEGOBBIE

HOMMELBYGOBBIE

SLAPENDEGOBBIE   Carasiops  compresus  Hierdie gobbies sit doodstil in die donkerste hoekie vanwaar hulle blitsig sal swem na die volgende hoekie.  Kleur verander  in verskilende bruin en grys skakerings net so vinnig. Op die foto pronk die mannetjie 'n paar oomblikke om dan vir lank weer te "verdwyn".   Interessante vissies vol verassings.  50 mm
HOMMELBYGOBBIE  baie oulike klein bodem vissies.   40 mm
 
 

 

MODDERSPRINGER  

 
  Foto links die MODDERSPRINGER, Periapthalmus papilo en regs  Periapthalmus babarus  150 mm . 
Hulle kom voor in die riviermondings aan die weskus van Afrika van Senegal tot die Kongo. Hou die akwarium se water skoon en vars en voer 'n variasie kos.  Hulle word gou mak.
 
   
 

 

akwariums          barbs            botias              brakwater visse            cichlids               goudvis    tuisblad 
gouramies          haaie            katvisse           lewendbarende visse        mesvisse          potloodvisse

skêrvisse             skeurvallei visse              tetras            visse         skakels                 kontak