Indeks
 
akwariums   
 barbs
botias
brakwater visse
cichlids
goudvis
gouramies
haaie
katvisse
 lewendbarende visse
mesvisse
potloodvisse
skêrvisse
skeurvallei visse
tetras
visse
kommentaar
kontak
skakels
 
tuisblad
 

 

  Tropiese visse vir die akwarium

Spesiale sorg visse

Dit gebeur dat 'n mooi vis koop word - gewoonlik teen 'n duur prys - en dan duik die probleme op maar dit is selde ernstig.  Net 'n paar aanpassings soos bv. die regte maats.
 
  
  SKOENLAPPERVIS    

Die SKOENLAPPERVIS  Pantodon bucholzi   Lengte 100 mm   is 'n roofvis met 'n groot bek.    Hulle bly net onder die oppervlak van die water en ignoreer kos wat afsak.    Die skoenlappervis vreet nie graag droë kos wat afsak nie. Vervaardigde kos wat dryf, klein vissies, krieke,  motte  en jong sprinkane is vir hulle ideaal.

 

 
 
 SILWERBYLVIS  
Die BYLVIS Thoracocharax stellatus eet nie van die grond af nie, Voer enige kos solank dit nie te vinnig afsak nie.   Daar moet onthou word dat hierdie vis 'n uitstekende springer is.  Hou die akwarium dus ten alle tye toe.  80 mm
 
 
  PLATBEKBONTBABER
 PLATBEKBONTBABER  Pseudoplatystoma fasciatum vind 'n slaapende vis maklik en oorval hom voordat die vis kans kry om te vlug.   Groot visse is veilig omdat hierdie visse nie visse pla wat nie ingesluk kan word nie  - , maar die vis word tot 900 mm lank en dit laat  nie veel spasie vir ander groot visse nie..  'n "Mooi-lelike" vis.
  
  
Die familie Mormyridae het 'n paar rare eienskappe.  Die visse het swak maar doeltreffende elektrise organe wat hoofsaaklik gebruik word soos 'n radar sisteem.  Die kiewe is bedek met 'n vel met net 'n klein opening en die swemblaas is oop.  Daarby het hierdie visse 'n besonder groot brein vir sy liggamsgewig en dit is gevind dat hulle graag leer en ook werklik kan speel. Die visse hou nie van skerp lig nie of woelige stamp-geluide nie.

SNAWELVIS

 
SNAWELVIS  Gnathonemus petersii Hy baken ‘n terrein af in die akwarium wat hy teen ander snawelvisse verdedig.  Hou dus net een of twee van hierdie visse in een akwarium aan anders baklei hulle aanhoudend.  As hulle lekkernye ontvang van een persoon sal hulle ook op sy voetstappe reageer

  

 
  

POUOOGPALING

 

POUOOGPALING   Mastocembelus aculeatus   200 mm  Leer gou om erdwurms of stukkies rou hoenderlewer uit die hand te eet. Hulle sal in die nag klein slapende vissies vang en eet.  Groter visse word nie gepla nie.
 
 
 
 
 
 

 

akwariums          barbs            botias              brakwater visse            cichlids               goudvis    tuisblad 
gouramies          haaie            katvisse           lewendbarende visse        mesvisse          potloodvisse

skêrvisse             skeurvallei visse              tetras            visse      skakels                    kontak